Het jy 'n braai-produk of gadget wat ek moet uittoets?
Ek toets graag nuwe produkte en gee eerlike terugvoer. As jy ‘n braai-produk, hulpmiddel of gadget het wat jy wil laat uitstaan, stuur dit my kant toe – ek sal dit gebruik, uittoets en my opinie deel. Of dit nou ‘n rooster, tang, spesery, of iets totaal nuuts is, ek’s altyd op soek na iets wat die braai-ervaring beter en makliker maak.
Laat weet my – dalk is jou produk die volgende groot ding by die vuur!
Sukkel jy om te braai? Wil jy leer hoe om dit reg te doen, of soek jy net geselskap terwyl ek vir jou die vleis hanteer? Ek’s jou Braai Buddy! Ek kom na jou toe (of jy na my toe) en help jou braai soos ’n pro. Ek bring die gees, ’n paar verversings en braai-gadgets wat alles makliker en lekkerder maak.
Vanaf net R1299 maak ek jou braaidag iets om te onthou! T’s & C’s van toepassing.