Wie Is Ek?

Wie is ek?
n’ Familie man en net ’n ou wat glo dat die lewe beter is met ’n stuk vleis op die vuur en ’n koue iets in die hand. Ek het al meer ure langs die kole deurgebring as wat ek by die werk was (moet dit net nie vir my baas sê nie). Maar elke keer het ek gedink: “Hoekom’s daar nie net ’n beter manier om te braai nie?”
En so het Beter Braai begin – nie net nog ’n winkel met gadgets nie, maar ’n plek vir braailiefhebbers wat hou van slim, kwaliteit braais gadgets wat jy nie eers met ’n handleiding hoef te verstaan nie. Van opvou-roosters tot vuurmaaktoerusting wat jou tande laat jeuk van opgewondenheid – ek gebruik dinge wat jy regtig gaan gebruik en dink – Shit that’s cool!
Dis nie net oor die vleis nie… dis oor die vriende, die vuur en die vryheid om soos ’n koning agter die kole te voel.
Welkom by Beter Braai – waar die vuur altyd aan is en die idees nooit uitbrand nie.
My Dienste
Het jy 'n braai-produk of gadget wat ek moet uittoets?
Ek toets graag nuwe produkte en gee eerlike terugvoer. As jy ‘n braai-produk, hulpmiddel of gadget het wat jy wil laat uitstaan, stuur dit my kant toe – ek sal dit gebruik, uittoets en my opinie deel. Of dit nou ‘n rooster, tang, spesery, of iets totaal nuuts is, ek’s altyd op soek na iets wat die braai-ervaring beter en makliker maak.
Laat weet my – dalk is jou produk die volgende groot ding by die vuur!

Kort jy 'n Braai Buddy?
Sukkel jy om te braai? Wil jy leer hoe om dit reg te doen, of soek jy net geselskap terwyl ek vir jou die vleis hanteer? Ek’s jou Braai Buddy! Ek kom na jou toe (of jy na my toe) en help jou braai soos ’n pro. Ek bring die gees, ’n paar verversings en braai-gadgets wat alles makliker en lekkerder maak.
Vanaf net R1299 maak ek jou braaidag iets om te onthou!
T’s & C’s van toepassing.
